History

Ons huis se geskiedenis

In Januarie 2002 toe ons die huis gekoop het, het wyle Rassie Erasmus toestelle herstel in die hoekeenheid. Daar was huurders in die middelste woonstel en die huis. Op 1 September het ons in die woonstel ingetrek, met Dave en Adri Maree nog in die huis vir ‘n paar maande. Ons goed is in die hoekeenheid gestoor, terwyl ons die woonstel en toe die huis in ‘n leefbare toestand gekry het. So jammer dit is voor die tyd van digitale kameras! Ons het sedertdien 4 badkamers oorgedoen, 3 kombuise en al die vloere. Ook gedeeltes van die huis se plafonne. Daar moes soveel goed vervang word, soos die tenksisteem, dakplate, binnemure wat ingebou is, daar is 3 braaiplekke gebou en vele kleiner dinge soos diefwering, ligte, muurtjies afbreek, elektroniese garagedeur, om van emmers en emmers verf nie te praat nie.

Ons probeer ‘n tydlyn opstel van die geskiedenis van ons huis. Ons het onlangs eers gehoor n Noorweër, Johannessen, was die eerste einaar van ons huis. Indien enige persoon enige datum kan koppel aan ‘n jaartal van iets spesifieks wat jy onthou, sal ons baie dankbaar wees – kontak ons asseblief.

1918 – Erf word geproklameer
19?? – Huis word deur ?? en Alie (West) Johannesen gebou
1947 – Mev MM Groenewald dien bouplanne in
1952 – Louis en Marie van As het reeds 50/50 gehad (LPJ van As op gewel)
1961 – Van As bou “Buite gemakke” vir European en Non European (Bucket system)
19?? – Pam iemand koop 50/50
???? – Krakie Groenewald
1969 – Bouplanne vir ons huisgedellte goedgekeur Plan no 2212 5/4/69
1987 – Gordon Horné bou die huis aan die kleurvolle 50/50 Kleinhandelsentrum
1991 – Planne vir boonste deel van ons huis goegdgekeur Plan no 157/91 10/9/91
???? – Fred en Ria Geldenhuys
2002 – Ons koop die plek (John en Trisa Hugo) Deed of Transfer T38749/2002 26/4/2002
2003 – Begin met Kleinmond Self-Catering Accommodation